So rukkie gelede stuur 'n vriendin vir my 'n foto, die see was vol stokke maar die view van die maan was iets besonders. Terwyl ek na die foto kyk besef ek dat dit my gemoedstoestand perfek opsom. Ek is jare lank al 'n depressielyer en wat vir my gister mooi en lekker was, is soms vandag vir my 'n nagmerrie en 'n stryd. Net soos die foto; gister was dit die mooiste foto van die maan wat oor die see weerkaats. Vandag sien ek net die vuil water en die stokke op die strand.
Depressie is soos 'n groot swart mantel wat jy altyd met jou saamdra. Sommige dae voel jy soos Batman met jou mantel net om die volgende oomblik met daai selfde swart mantel toegevou te word en van alle lig ontneem te word. Depressie en al sy trawante is op die stadium 'n groter pandemie as Covid-19. Die verskil is dat mense baie uitgesproke is oor Covid-19, maar as dit by mental issues kom dan is die ‘ loop dit af’ mentaliteit aan die orde van die dag.
Ek het dit in my persoonlike lewe ervaar. Na die geboorte van my tweede kind het ek aan nageboorte depressie gely. Dit is as Baby Blues afgemaak en die feit dat ons na 'n ander dorp verhuis het, het dit nie makliker gemaak nie. Ek onthou die aand toe ek met ons rewolwer in my hand gestaan het, en die absolute gevoel van magteloosheid deur my gespoel het. Dit vir my gevoel asof dit die enigste uitweg was. Dit mag miskien snaaks klink, maar as dit nie vir my man se gesnork was wat my laat besef het dat ek 'n wonderlike gesin het nie, het ek die sneller getrek. So het ek ook besef dat die nie net iets is wat self gaan oorwaai nie.
Jare daarna het die swart mantel van depressie my weer toegevou en my lag, son, en vreugde kom steel. Dit is iets wat mens nie kan beskryf nie, en sommer maklik kan verduidelik nie. Dit is 'n pakkie wat altyd deel bly van jou en nou praat ek nie van bietjie af voel of hartseer wees nie. Dit is nie depressie nie. Die pakkie dra jy saam jou werk toe, kerk toe, en kuierplekke toe . Dit is soos jou skaduwee, jy sien dit nie altyd nie, maar dit is daar. Hoe is dit moontlik dat jy so sielsongelukkig kan wees, maar jou lewe is so great? Wanneer jou dag 'n stryd is om kop bo water te hou en jy met daai smile op jou gesig loop en maak of alles fine is. Mens is te skaam om vir iemand te sê dat jy nie cope met jou lewe nie. Jy verstaan soms self nie hoekom jy so leeg en seer voel nie. Tot ek die dag by my dokter gesit het en vir hom gesê het dat hy moet help, ek sien nie meer kans om te leef nie.
Ek weet nie wat het my die ergste gevang het in die tyd nie, die feit dat ek aan depressie ly of my vriendinne wat ek op daardie stadium met my toestand vertrou het, se reaksie nie. Toe ek vir hul vertel van my depressie was hul woorde ; “ dit is nie iets waaroor mens praat nie”, “dit is iets wat jy op jou eie moet oorkom”, “moenie worry nie, môre voel jy beter”.
Vir hul was dit vreeslik erg toe ek na 'n psigiater verwys is om my te help deur hierdie donker tyd. Dalk nie die feit dat ek hulp gekry het nie, maar wel dat ek so openlik was oor wat met my gebeur. Duidelik is depressie iets wat agter geslote deure behandel moet word en nie oor gepraat word nie. Ook was hul reaksie; hoe is dit moontlik? Jy lag dan altyd en hoe kan jy dan nou depressief wees, jy het dan alles. Die mense wat ek gedink het my sal help wou nie weet van my probleem nie. Vir ander was dit 'n groot skok. In die donkerste tyd van my lewe was ek nie meer welkom om oor my probleme te praat nie, dit moes ek alles by myself verwerk. Hoekom die mensdom so reaksie teenoor enige mental health issue het, verstaan ek nie. Ek dink dalk dit is die stigma wat hang om depressie, dat mense dink jy is mal of iets dergeliks. Dalk is mense bang vir die rou emosies wat 'n depressielyer ervaar en nie weet hoe om dit te hanteer nie. Duidelik is mal die nuwe normaal.
Vandag besef ek dat mense so onkundig is oor enige mental health issue, en dit vir hul makliker is om dit af te maak as niks . Ek wens dat ek die enigste persoon was wat hierdie ervaring gehad het, maar ongelukkig nie. Daagliks praat ek met mense wat deur presies dieselfde seer en verwerping is. Hulle is te bang en skaam om te erken dat hul 'n probleem het en mense se onsensitiewe optrede teenoor hulle dryf hul om hulp by alkohol of dwelms te kry en self tot selfmoord kan dryf. Mense besef nie hoe groot impak hul woorde en optrede op ander het nie. Dit het my jare gevat om mense te vertrou en my donker met ander te deel en te besef dit is nie 'n skande nie. Depressie is soos enige ander siekte wat behandel moet word. Wanneer jy aan depressie ly het jy 'n ondersteuningsnetwerk nodig wat verstaan en bereid is om te help. Dit is 'n baie moeilike pad om alleen te stap en ek weet dit is ook nie 'n maklike pad om saam'n depressielyer te stap nie.
Ek dink die samelewing maak dat mens altyd die beste voetjie moet voorsit, en soos die Madagascar-fliek aanhaling ‘just smile and wave’. Moet nie dat die wêreld sien jy struggle nie, want volgens hulle skyn die son môre weer en alles is okay.
Die lewe van 'n depressielyer is ongelukkig nie altyd maanskyn en rose nie. Elke dag is 'n uitdaging, vir elke treetjie vorentoe is daar vyf agtertoe. Wat vir iemand na 'n klein dingetjie lyk is vir ons 'n groot oorwinning of 'n helse uitdaging. Deur te praat kan mens dalk 'n volgende persoon help. Om te luister is die begin van 'n ander persoon se gesond word en om begrip te hê gaan 'n persoon die selfvertroue gee om hulp te gaan soek.
Ons almal wil maar net onvoorwaardelik aanvaar word met al ons onsekerhede.
“You are not your illness. You have an individual story to tell. You have a name, a history, a place. Staying yourself is part of the battle.”
Die woorde van die volgende liedjie som my gevoelens perfek op.
Have you ever felt like being somebody else?
Feeling like the mirror isn't good for your health
Every day I'm trying not to hate myself
But lately it's not hurting like it did before
Maybe I am learning how to love me more
It used to burn
Every insult, every word
But it helped me learn
Self-worth I had to earn
So I tried every night to sit with sorrow
And eventually it set me free
Just a little bit (Love me more)
Just a little bit (Love me more)
Oh no (Love me more)
Just a little bit (Love me more)
I used to cry
Myself to sleep at night
I'd blame the sky
When the mess was in my mind
I couldn't see, I couldn't breathe
So I sat with sorrow
And eventually it set me free
Sam Smith – Love me more
コメント