Daar het die laaste van 2021 se ure deur die uurglas geglip en nou staan ons aan die begin van ‘n nuwe jaar. Kom ons reflekteer so bietjie terug op 2021 wat vir my ‘n jaar van What The Fucks was. Nes jy gedink het iets kan nie erger nie, dan slaan die volgende een jou tussen die oë.
Natuurlik was Covid die grootste sondebok van 2021. Een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan is in die tyd waar ek gedink het mense meer vir mekaar gaan omgee, net die teenoorgestelde gebeur het. Selfsug is aan die orde van die dag en die hel met die res. Respek vir mekaar bestaan nie meer nie. Maniere kan ons nie eers van praat nie. Basiese padreëls het drasties verander. Stopstrate is duidelik nie daar om by te stop nie, vat sommer ‘n kar verby op ‘n sperstreep en dan jaag jy met jou moewiese groot grand SUV op iemand af, flikker jou ligte as die arme drommel wat in jou baan nie vining genoeg sy gewone klein karretjie voor jou verwyder nie. As die kar uiteindelik oorgaan gee jy een vieslike kyk vir die verskrikte mens en gooi sommer ‘n paar middelvingers ook rond. Net jy het mos die reg op die pad en niemand anders nie.
Dan praat ek nie eers van die politiek nie, voor die verkiesing is daar beloftes gemaak wat jy nie eers aan jou tweejarige maak nie so belaglik is dit: “ Ons gaan korrupsie vasvat”, wie dink hulle gaan hul glo? So van steel het ek in my lewe nog nie gesien nie, dan word daar ‘n kommisie gestig om ‘n kommisie te ondersoek wat die kommisie wat die fondse gebruik het te ondersoek. Geen wonder niemand is nog aangekeer nie. Ek dink nie hul weet wie om te ondersoek nie.
Eskom het letterlik en figuurlik die lig in ons lewe gesteel en ons kon nie eers dink die lig aan die einde van die tonnel is ‘n trein nie, want Prasa is ook in hul moer in.
Ek kan heeldag aangaan oor hoe die mensdom, en ek bedoel mensDOM, my breek en sak my moed in my skoene vir die nuwe jaar en wonder ek of alkohol dalk die enigste oplossing is vir die nuwe jaar is.
In 2021 moes ons soveel van ons geliefdes aan die dood afstaan en was daar nie altyd die geleentheid om ordentlik te groet nie. Meer trane oor pyn en hartseer as oor die mooi van die lewe. Met baie leë plekkies in ons lewens moet ons die nuwe jaar aanpak. Ja die seer verdwyn nie oornag nie maar ons leer om met dit saam te leef en al waaraan ons vashou is ons mooi tye saam met hulle. Tog was daar ook die kere waar ons met gemengde gevoelens ons kids moet groet waar hulle nuwe uitdagings en geleenthede in ‘n ander land begin. Nie lekker vir ‘n moederhart nie, maar sien opgewonde uit na die nuwe avontuur as mens gaan kuier.
Hoe 2022 gaan verloop weet niemand van ons nie , al wat ek weet is dat ons ‘n paar goed kan doen wat dit makliker vir ons en ons medemens te maak.
Leer jou kinders by die huis maniere, lojaliteit, respek, en integriteit.
Die Here het ons geseën met ‘n verstand, gebruik hom asseblief. As jy nie verstand het nie, luister na mense wat dit wel het en reg gebruik. Dit is ook nie ‘n gegewe dat mense met verstand dit gebruik nie. So kry asseblief hulp by die regte mense.
Vaksienes is deur medici, wetenskaplikes, en baie slim mense ontwikkel en dit het nie in ‘n paar maande gebeur nie. Ja almal het ‘n keuse, maar is ons almal se keuse nie vir ‘n gesonde kans op die lewe nie. So nou kom ek terug na my vorige punt, gebruik daai verstand om ‘n ingeligte besluite te neem en maak seker waar jy die inligting kry, dit wel waar is. Ek wil net sê dat my selfoon meer tracking devices het as enige vaksiene .
Ons almal is en lyk nie dieselfde nie, dit beteken nie dat die persoon verkeerd of minderwaardig is nie. Ons almal verdien om met respek behandel te word maak nie saak wie of wat daai persoon is nie.
Raak rustig en begin die mooi in die lewe te sien. Vat ‘n breek van al jou tegnologiese speelgoed en trek aan jou stapskoene join ‘n stapgroep. Die beste sielkundiges is jou stapmaats. Lag baie hard , lelik, en aanhoudend. Waardeer die mense in jou lewe, want sonder hulle was jou vreugdes soveel minder.
Moenie vashou aan gister se seer nie want ons kan dit ongelukkig nie verander nie, ons kan ook nie worry oor môre nie want môre is nie seker nie . Maak vrede met die persoon teen wie jy ‘n wrok het, want dit is hoe jy vrede in jou hart gaan kry. Moenie op mense staatmaak vir jou eie geluk nie, want ons is afterall almal net mense. Jou geluk is in jou hande.
As daai krag woord uitglip ontspan dit is nie die einde van die fokken wêreld nie, iewers moet jy van jou frustrasies ontslae raak.
Ons leef elke dag tussen heroes en engele. Dankie vir my man en kids wat my heroes is, julle het my geleer dat geen uitdaging te groot is nie. Jou geluk hang van jouself af, doen dit nou want môre kom dalk nie. Wat ander mense van jou dink is hul probleem. Wees vir jouself lief dan het jy jou grootste oorwinning behaal.
Ek sluit af met die woorde van "Anybody Have A Map?" (from "Dear Evan Hansen" soundtrack)
‘Can we try to have an optimistic outlook, huh?
Can we buck up just enough to see the world won't fall apart?
Maybe this year, we decide
We're not giving up before we've tried
This year, we make a new start
Does anybody have a map?
Anybody maybe happen to know how the hell to do this?
I don't know if you can tell
But this is me just pretending to know
So where's the map?
I need a clue
'Cause the scary truth is
I'm flying blind
And I'm making this up as I go’
Comments